Amos Namibia

Amos Namibia Tuisblad

AMOS is 'n dissipelskapbediening in die landbou. Ons hoofdoel is om dissipels vir Jesus te maak en mense te leer om dissipels te maak. Daarvoor is opleiding en die bemagtiging van die hele mens nodig.

bible

Amos Agrimin is sedert 1993 'n Christelike, veelrassige, interkerklike landboubediening wat fokus op die landelike en boerderygemeenskap in Suidelike Afrika en Afrika. Op 13 Augustus 1993, op die plaas Swartwater naby Memel in die Vrystaat (Suid-Afrika) word die visie wat God aan ds. Hennie Viljoen en sy vrou Janetta gegee het saam met 'n groepie Christenboere, geformuleer, naamlik "Elke plaas vir Christus". Die missie is om elke persoon in Afrika, wat deel van die landelike en boerderygemeenskap is, die geleentheid te bied om in 'n persoonlike verhouding met Christus te staan en volgens Bybelse waardes en norme te leef en te boer.

Lees meer...
 

Gebedsfokus 2011

Gebedsfokus

Veertig Dae Gebedsfokus vir Landbou

Bid saam vir die landbouers in Afrika

Vanaf 1 September tot 10 Oktober elke jaar bid ons vir die landbou in Suider Afrika en Afrika. Skakel met die kantoor vir 'n handleiding om jou te help om saam met ander landbouers vir spesifieke sake te bid.

Click hier om 'n Gebedsfokus af te laai in PDF 500Kb

Click hier om 'n Gebedsfokus af te laai in Word 300Kb


You are here  : Home

Amos Countries

south_africa

zimbabwe