| Bediening |
|
Amos Aksiespanne vergader gereeld om saam te bid. 'n Gebedsbrief word weekliks uitgestuur. Om die gebedsbrief te ontvang, registreer op die bokant van die web bladsy en dit sal automaties na u gestuur word. Die gebedsbrief kan ook elke week op die webwerf gelees word. Elke jaar van 1 September tot 10 Oktober is dit die 40-Dae Gebedsfokus op die Landbou. Ek pleit by jou om gedurende hierdie tyd saam met duisende ander in gebed te verenig. 'n Dokument word opgestel en aan die geregistreerde Amoslede uitgestuur. Indien u ook sou belangstel om die dokument te ontvang, kan u dit aankoop of registreer by Amos Namibië. Kontak die kantoor. In Oktobermaand word Amos Namibië se jaarlikse gebedskonferensie op Okahandja by die Nederduitse Gereformeerde Kerk gehou. Die datum sal in die nuusbriewe en Amosnotatjie deurgegee word. Die konferensie duur vanaf 'n Vrydagaand tot Sondagnamiddag. Vir diegene wat nie hulle eie verblyf op Okahandja het nie word verblyf gereël.
Naweek-Seminare vir landbouwerkgewers word op verskillende plekke gehou. Die seminaargangers word toegerus en ingeskakel by Amos se visie, missie en doelstellings. Meer as 90% van hulle onderteken 'n verbintenis om die beginsels van die Bybel prakties op die plaas toe te pas. Werkgewers vorm Amos Aksiespanne waar hulle mekaar in kleingroepe opbou en ondersteun. Plaaswerkerskonferensies is baie effektief om werknemers met die evangelie te bereik. Amos se span, saam met 'n groep plaaswerkers gaan op versoek van 'n betrokke boer uit na sy plaas. Dagkonferensies, sowel as naweekkampe word aangebied. Die boer is verantwoordelik vir die logistiek wat met die konferensie gepaard gaan, asook die bemarking daarvan. Boere wat die konferensies gereël het, kan van die seën wat hulle ervaar het, getuig.
Kinders moet met die Evangelie bereik word. Amos bied ook opleiding vir volwassenes wat graag met kinders wil werk, aan. Handleidings vir kinderbediening is beskikbaar by die Amos Namibië kantoor |
Gebedsfokus
Veertig Dae Gebedsfokus vir Landbou
Bid saam vir die landbouers in Afrika
Vanaf 1 September tot 10 Oktober elke jaar bid ons vir die landbou in Suider Afrika en Afrika. Skakel met die kantoor vir 'n handleiding om jou te help om saam met ander landbouers vir spesifieke sake te bid.
Click hier om 'n Gebedsfokus af te laai in PDF 500Kb
Click hier om 'n Gebedsfokus af te laai in Word 300Kb