| Gebedsfokus |
1. Veertig dae gebedsfokus op die LandbouElke jaar vanaf 1 September tot 10 Oktober fokus ons ons gebede op die landbou. Ek pleit by jou om gedurende die tyd saam met duisende ander in gebed te verenig en te bid vir die koms van die koninkryk van God in die landbougemeenskap in Afrika. Elke jaar word daar 'n boekie uitgegee om jou te help om op spesifieke sake te fokus en deel te vorm van die groot groep voorbidders wat intree vir die landbou. Die boekie is egter nie bedoel om na die veertig dae op die rak te beland nie, maar oor en oor gebruik te word. Bestel die boekie by die Amos Namibië kantoor of laai die teks in pdf-formaat af. Click hier: (Gebedsfokus 2010 PDF) 1.1. Gebedsfokus vir 20091.2. Amos ID
Hierdie jaar fokus ons op die identiteit van Amos Agrimin. Wie is ons? Wat is die droom wat die Here vir ons gegee het? Wat doen ons? Hoe dink ons? Wat is vir ons belangrik? Soos wat jy deur die Amos-ID werk, sal jy AMOS se hart beter leer ken. Die Amos-ID is 'n uitnodiging om ons hand te vat en saam met ons medewerkers van God te word. Ons is immers gered en geroep met 'n doel! Petrus sê die doel is om vir almal te vertel hoe wonderlik God is en dat dit groot seën vir ons inhou om deel van sy Koninkryk te wees (vgl. 1 Petrus 2:9-10) Die Amos-ID is egter so geskryf dat jy nie maar net lees wie en wat AMOS is nie. Jy moet jouself deurentyd afvra: Wie is ek? Wat is vir my belangrik? Waarmee hou ek my besig? Die Amos-ID help jou om na te dink oor jou eie roeping en jou betrokkenheid in God se Koninkryk. Die teks van die Amos ID kan ook afgelaai word in pdf-formaat.
Afrikaanse Teks
id2009afr.pdf
351 kb
.pdf
English Text
id2009eng.pdf
319 kb
.pdf
1.3. Gebedsfokus vir 20081.4. Basics - Living and farming God's way
As ek na Afrika en die landbou kyk, sien ek nie dit wat is nie, maar dit wat kan wees. Ek sien nie die honger, konflik, siektes, vernietiging, chaos en armoede nie - nie omdat ek my oë toemaak vir die realiteite van Afrika nie, maar omdat ek met ander oë kyk. Ek kyk met die oë van geloof. Ek sien hoe Afrika en die landbou gaan lyk wanneer God daarmee klaar is. Ek sien hoe Afrika gaan lyk wanneer Living and Farming God's Way nie net 'n slogan is nie, maar die lewenswyse van miljoene landbouers dwars oor Afrika. Ek sien dat Afrika op God se bestemde tyd die grootheid, goedheid, geregtigheid, liefde en sorg van die Vader gaan weerkaats. Ek sien Afrika in 'n herstelde verhouding met God en hoe ons as mense van Afrika oor alle grense heen hande vat. Ek sien hoe God die manier waarop ons as Afrikane oor ons grond dink, verander en dit in lyn bring met sy Woord. In Afrika gaan ons nog nuut dink oor die arbeid wat ons elke dag verrig, en dan gaan God Afrika voed deur die werk van ons hande te seën. Die Here gaan nog in antwoord op ons gebede miljoene in Afrika red. Hy gaan oor Afrika jubel en juig (vgl. Sefanja 3:17). Dis die krag van 'n visie wat God in jou hart gee: Jy kyk met ander oë, en dan begin jy entoesiasties bou aan dit wat jy sien! Maar die krag van 'n visie lê ook daarin dat almal die basics daarvan verstaan en uitleef. Indien dit nie gebeur nie, verloor die visie weer sy krag. Dan word dit 'n mooi gesegde, maar nooit 'n lewenswyse nie. Die dokument wat opgestel is om jou lewe te verryk, kan as pdf afgelaai word.
Basics (Afrikaans)
basicsafr.pdf
362 kb
.pdf
When I look at Africa and agriculture, I don't see what it is, but what it can become. I don't see famine, conflict, disease, destruction, chaos and poverty. Not because I close my eyes to the reality that is Africa, but because I look with different eyes - I look with the eyes of faith. I see what Africa and agriculture will look like when God is done with it. I see what Africa will look like when Living and Farming God's Way is not merely a slogan, but the lifestyle of millions of agriculturalists across Africa. I see Africa reflecting the greatness, goodness, justice, love and care of the Father at the time ordained by God. I see Africa in a restored relationship with God and how we as people of Africa take hands across all borders. I see God changing the way we as Africans think of our land to bring it in line with His Word. In Africa we will think anew of the labour we perform each day, and then God will feed Africa by blessing the work of our hands. The Lord will save millions in Africa in answer to our prayers. He will rejoice over Africa (cf. Zephaniah 3:17). This is the power of a vision God puts in your heart: You see with different eyes and enthusiastically start building what you see! But the power of a vision also lies in the fact that everyone understands and lives the basics of the vision. If not, the vision will lose power. Then it degenerates into a nice slogan and never becomes a way of life. For a lifechanging experience, download Basics as a pdf file.
Basics (English)
basicseng.pdf
327 kb
.pdf
|
Gebedsfokus
Veertig Dae Gebedsfokus vir Landbou
Bid saam vir die landbouers in Afrika
Vanaf 1 September tot 10 Oktober elke jaar bid ons vir die landbou in Suider Afrika en Afrika. Skakel met die kantoor vir 'n handleiding om jou te help om saam met ander landbouers vir spesifieke sake te bid.
Click hier om 'n Gebedsfokus af te laai in PDF 500Kb
Click hier om 'n Gebedsfokus af te laai in Word 300Kb