Amos Namibia

Amos Nuus PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Koos Myburgh   
Saterdag, 20 Augustus 2011 12:38
Artikel Indeks
Amos Nuus
Gebedskonferensie Nuus brokkies
Gebedsfokus Konferensie
Brief van Pierre
Alle bladsye

1. Kleuterskool op die plaas

Amos Namibië wil graag in 2012 kleuterskole (Pre-primêre skoolkinders) op plase help vestig, omdat ons glo dat dit dalk die beste en enigste manier is om ons kinders op die plase te help om hulle potensiaal te bereik – om hulle skoolgereed te maak! Ons werkswyse is asvolg:

Opleiding van plaaswerkers vroue wat redelik goed kan lees en skryf – hierdie opleiding is gratis in Windhoek. Die reis en verblyf moet self gereël word. Hierdie opleiding word deur AKM (Aksie Kinder Mobilisasie) gedoen. Een week ‘n jaar in Afrikaans (gewoonlik in Mei maand) en een week in Engels (vind nou 28 November – 2 Des. plaas)

Wie is AKM? Hulle is ‘n kerklike privaat-skool-aksie met die doel om die Evangelie te versprei en die Koninkryk van God te laat kom deur middel van ‘n Christusgesentreerde opvoeding.

Volledige lesse wat klaar uitgewerk is vir die jaar word voorsien. Iemand (boervrou?) kan net saam voorbereiding een keer ‘n week doen en dan net toesighou. Hierdie kurrikulum is in Afrikaans en Engels beskikbaar. Omdat die meeste van ons kinders na skole gaan waar Engels uiteindelik die voertaal is, beveel ons aan dat hierdie pre-skole eerder in Engels moet wees.

Ons beveel aan dat die skool met so min as twee tot vier leerlinge begin word, sodat die “Juffrou” eers selfvertroue kan kry.

Daar moet ‘n lokaal beskikbaar gestel word wat net vir die doel gebruik kan word. Omdat dit op klein skaal begin word, sal een vertrek ook voldoende wees. Sink vertrekke (2,7m X3m) kan maklik opgerig word en is beskikbaar @N$3500, dan moet daar nog ‘n sementvloer inkom en twee vensters @N$150 stuk. Hierdie vertrek(ke) kan dan later as daar dalk nie meer ‘n skool is nie, vir werkershuise of pakkamers gebruik word.

 

Ek is beskikbaar om te help met die inrigting van so ‘n klein skooltjie en sal ook “inspeksies” hou om toe te sien dat die opleiding op standaard is – vereiste van AKM

WAT VRA EK DUS NOU?

Het jy kinders op jou plaas en omgewing wat kan baat by pre-skool opleiding?

Het jy ‘n vrou op die plaas wat vir opleiding kan gaan sodat ons begin 2012 reeds met ‘n skooltjie kan begin? Hierdie een keer ‘n jaar opleiding vind nou 28 Nov.-2 Des. plaas

Wil jy as boervrou dalk self met so ‘n skooltjie begin en ook vir die weeklange opleiding gaan? Daar is nog plek.

Skakel my dadelik as jy sou belangstel of vir verdere navrae.

Tel.062-570316

Sel: 081 127 1018

Judie Wiese

2. 



Laas Opdateer op Sondag, 06 November 2011 17:48
 

Gebedsfokus 2011

Gebedsfokus

Veertig Dae Gebedsfokus vir Landbou

Bid saam vir die landbouers in Afrika

Vanaf 1 September tot 10 Oktober elke jaar bid ons vir die landbou in Suider Afrika en Afrika. Skakel met die kantoor vir 'n handleiding om jou te help om saam met ander landbouers vir spesifieke sake te bid.

Click hier om 'n Gebedsfokus af te laai in PDF 500Kb

Click hier om 'n Gebedsfokus af te laai in Word 300Kb


You are here  : Home Nuus