| Wie is Ons |
|
Meegaande organogram maak dit vir jou wat hier lees maklik om as individu of groter instansie (strategiese vennoot) 'n medewerker te word. Nou kan jy maklik jou talente, gawes, ervaring, geld en geestelike goedere in Afrika inploeg. Jy kan help dat ander wat die gawe het om die Woord van die Here aan ander te gee, kan gaan sonder enige kommer oor finansies of ander sake. Gooi jou gewig by Finansies, Bemarking of die Sekretariaat in en help dat Bediening in die hoogste rat kan werk. Jy kan by Bediening inskakel met dienswerk in 'n dorp of streek in die binneland of oor die landsgrense. Daar word veral by die sekretariaat gesoek na insette ten opsigte van materiaalontwikkeling en vertalings, asook die "Amospos" (ons gereëlde nuusbrief). |